BEEFMASTER PRODUKSIEVEILING VAN S VAN NIEKERK

2de BEEFMASTER PRODUKSIEVEILING VAN S VAN NIEKERK – 01 FEBRUARIE 2017 – UITSLAG:

Sakkie & Stephan van Niekerk behaal goeie pryse op hul 2de Produksieveiling.

14 Beefmasterbulle verkoop vir ‘n gemiddeld van R 27 285

Duurste bul verkoop vir R 40 000-00 aan Hensto Boerdery van Vryburg.

Duurste dragtige Beefmasterverse verkoop R 13 000 en die gemiddeld van die dragtige verse  R11 800-00.

Kommersiële koeie & kalwers aangebied deur die gasverkoper Evert Niemann Trust, verkoop teen ‘n gemiddeld van R 13 457.

Die bestuur en personeel van Noordkaap Lewendehawe wens Sakkie en Stephan geluk met hul goeie veiling.

Inligting onder die fotos asb:

Sakkie en Stephan wil graag al hul borge, Tokkie Ferreira Makelaars, Tau Veevoere, Suidwes Landbou Vryburg & Chanandé Makelaars,  hartlik bedank vir hul bydrae om van die veiling ‘n sukses te maak:

Oubaas Niemann ontvang ook ‘n prys van Halsted vir die koper met die hoogte omset op die bulle, Chanel & Stephan van Niekerk het die prys aan hom oorhandig

Hier ontvang JL Reinecke ‘n prys van Halsted vir die koper met die hoogste omste op die vroulike diere, saam hom is Chanel & Stephan van Niekerk wat die prys aan hom oorhandig het.

Comments are closed.