BONSMARA GENEPOEL HERFSVEILING

BONSMARA GENEPOEL SE HERFSVEILING ‘N REUSE SUKSES!

Die herfsveiling van Bonsmara Genepoel gehou op 26 April 2017 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe, was ‘n reuse sukses.

Die groep se passie, toewyding, spangees en harde werk, is weereens beloon deur goeie pryse wat vir top diere behaal is.

Die telers asook gasverkopers kan met reg trots wees op die kwaliteit diere wat aangebied was en wat bygedra het tot hul goeie veiling.

Die duurste bul, Lot 24 – BG 15 16, van Bonsmara Genepoel (Wiep Joubert), Reivilo, is vir R120 000 aan Schalk van der Merwe (Leeuwheuvel Boerdery) van Christiana verkoop.

Die gemiddeld oor die 30 bulle wat verkoop is, was R 35 366.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse.

Dragtige koeie met kalwers (3-in-1) behaal ‘n gemiddeld van R20 500 en koeie en kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R17 269, dragtige koeie het ‘n gemiddeld van R13 500 behaal, dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R13 250  verkoop en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R9 862.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Bonsmara Genepoel geluk met hul goeie herfsveiling.  Dit is vir Noordkaap Lewendehawe ‘n groot voorreg om hul veilings aan te bied.  Theuns Visser was die Afslaer.

Comments are closed.