BONSMARA GENEPOEL LENTEVEILING

BONSMARA GENEPOEL LENTEVEILING BEHAAL TOP PRYSE!

Die lenteveiling van Bonsmara Genepoel gehou op 17 Augustus 2017 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe, was ‘n  reuse sukses, goeie pryse is regoor die veiling behaal.

Die duurste bul, Lot 20 van Bonsmara Genepoel, is vir R150 000 aan Dr. Jabra van Wyk van Upington verkoop.

Die gemiddeld oor die 42 bulle wat verkoop is, was R43 262-00.

Kommersiële vroulike diere het besonderse goeie pryse behaal.

Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R20 000 dragtige koeie het ‘n gemiddeld van R 12 000 behaal, dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R 18 333  verkoop en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R 9 042.

Die pryse op hierdie veiling behaal, weerspiëel die top kwaliteit bulle, sowel as kommersiële vroulike diere wat aangebied was.  Bonsmara Genepoel en die gasverkopers kan met reg trots wees op die veiling.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Bonsmara Genepoel geluk met hul veiling.

Dit is vir Noordkaap Lewendehawe ‘n groot voorreg om die veiling te kon aanbied, met Theuns Visser as die Afslaer.

 

Comments are closed.