BONSMARA GENEPOEL LENTEVEILING

BONSMARA GENEPOEL LENTEVEILING ‘n REUSE SUKSES!!

Die lenteveiling van Bonsmara Genepoel gehou op 16 Augustus 2018 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe, was ‘n  reuse sukses, goeie pryse is regoor die veiling behaal.

Die duurste bul, Lot 21 asook die 2de duurste bul, Lot 50 van Bonsmara Genepoel, is vir onderskeidelik R190 000 en R170 000 aan Dr. Jabra van Wyk van Upington verkoop.

Links: Wiep Joubert – Bonsmara Genepoel – Reivilo (verkoper) – Regs:  dr. Jabra van Wyk van Upington (koper)

Die gemiddeld oor die bulle was R53 565-00.

Goeie kommersiële vroulike diere was aangebied en het ook goeie pryse behaal.

Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R25 000, dragtige koeie verkoop vir R18 000 stuk, dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R18 833  verkoop en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R 11 500.

Die pryse op hierdie veiling behaal, weerspiëel die top kwaliteit bulle wat  aangebied was, die Bonsmara Genepoel telers kan met reg trots wees op die uitsonderlike aanbod!

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Bonsmara Genepoel en hul gasverkopers geluk met ‘n baie goeie veiling.

Dit is vir Noordkaap Lewendehawe ‘n groot voorreg om die veiling te kon aanbied, met  Theuns Visser as die afslaer.

Comments are closed.