BRISTOW BONSMARA MOLOPO STOET

BBM08 07

BRISTOW BONSMARA MOLOPO STOET SE 10DE PRODUKSIEVEILING ’n REUSE SUKSES!

Die Bristow Bonsmara Molopo Stoet (Poggenpoel Bonsmaras) se 10de Produksieveiling  wat aangebied was op 26 Mei 2015 by die Stella veilingskrale, was ’n reuse sukses.

Die Poggenpoels se passie en liefde vir die besondere beesras straal behoorlik uit wanneer daar oor hul diere gepraat word en is sigbaar in die gehalte van die diere wat aangebied word.

Daar was ’n ongelooflike spangees tussen die Poggenpoels en almal wat betrokke was by die organisering van die veiling.

Die aanbod het weereens kopers en belangstellendes nie teleurgestel nie. Kobus Poggenpoel en sy seuns kan met reg trots wees op hul prestasie.

Die duurste bul, Lot 7 – BBM 080070, is vir R370 000-00 aan Etienne Jooste van Cordova Farming, Gobabis, verkoop.

Die gemiddelde prys van die bulle op die veiling was:

54 bulle –  R 56 897

Kommersiële vroulike diere se gemiddeld was:

Koeie en kalwers – R12 500

Dragtige koeie – R11 700

Dragtige verse – R11 840

Oop verse – R6 500

Die veiling is deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg aangebied  met Johan van der Nest as afslaer.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Kobus Poggenpoel en sy gesin hartlik geluk met die puik veiling.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *