GENEPOEL LENTEVEILING

BONSMARA GENEPOEL LENTEVEILING ‘N GROOT SUKSES

Die lenteveiling van Bonsmara Genepoel gehou op 20 Augustus 2015 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe, was ‘n  groot sukses.

WAT 13-217

Die duurste bul, Lot 20 van Frikkie Kruger van Boshoff, is vir R80 000 aan FB (Frans) van Zyl van Wolmaransstad verkoop.

Die gemiddeld oor die 39 bulle wat verkoop is, was R35 705-00.

Kommersiële vroulike diere het ook goeie pryse behaal.

Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R12 460-00, dragtige koeie het ‘n gemiddeld van R 9 500-00 behaal, dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R 9 546-00  verkoop en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R 8 375-00.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Bonsmara Genepoel geluk met hul veiling, asook die goeie gehalte diere wat aangebied was.  Dit is vir Noordkaap Lewendehawe ‘n groot voorreg om die veiling te kon aanbied, met  Theuns Visser as die Afslaer.

 

Comments are closed.