GHAAPSEBERG BOERBOKGROEP

GHAAPSEBERG BOERBOKGROEP SE 10DE PRODUKSIEVEILING ‘N REUSE SUKSES!

Die Ghaapseberg Boerbokgroep het op 14 Maart 2018 by die Vryburg Skougronde hul 10de Produksieveiling suksesvol aangebied.

Dit was duidelik in die groot belangstelling en bywoning, dat hierdie groep bekend is vir hul uitstaande kwaliteit diere  wat hulle aanbied en elke jaar net verbeter.

Die duurste ram, Lot 15, van  Desré Ferreira (Molopo Boerbokstoet) van Vryburg, is  vir  R 23 000 aan  Abraham Applegreen van Burhmansdrift verkoop.

Die gemiddeld pryse van die stoetramme was R17 181 en die stoetooie was R2 916.

Die kudde-ramme se gemiddeld was R12 400 en kudde-ooie is verkoop teen ‘n gemiddeld van R 2 470.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wat die veiling aangebied het wens Ghaapseberg Boerbokgroep en die gasverkopers, geluk met hul suksesvolle veiling.  Theuns Visser was die Afslaer.

Foto 1 – Koper van duurste ram: Van links na regs:

Koper – Abraham Applegreen, Verkoper – Desré Ferreira & Otsile Pico (Vriend van koper)

Foto 2 – Koper van duurste groep ooie: Van links na regs:

Koper – Thekiso Tshediso van Huhudi, Verkoper – Markus Fourie & Lesang Mokoka (Broerskind van koper)

Comments are closed.