HERFSPRODUKSIEVEILING VAN BONSMARA GENEPOEL

DIE HERFSPRODUKSIEVEILING VAN BONSMARA GENEPOEL‘N REUSE SUKSES! 

Die herfsveiling van Bonsmara Genepoel gehou op 25 April 2018 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe, was ‘n groot sukses!

Die groep se spangees en geesdrif kon selfs in moeilike omstandighede, naamlik die betogings in NW reg deur die week, nie gebreek word nie.

Kopers wat die gesogte diere en gene wou bekom is ook nie deur die amok afgesit nie, en het boverwagting baie mense die veiling bygewoon.

Van die beste kwaliteit diere is deur telers sowel as gasverkopers aangebied, en kan elke verkoper met reg trots wees op die aanbieding.

Die duurste bul, Lot 1 – BG16 194, van Bonsmara Genepoel (Wiep Joubert), Reivilo, is vir R 85 000 aan Anton de Klerk van Upington verkoop.  Die baie goeie poena bul BG16 321 is aan Schalk van der Merwe van Christiana verkoop. Kommersiële diere behaal ook goeie pryse en alle bulle en vroulike diere is verkoop.

Die gemiddeld oor die bulle wat verkoop is, was R 45 558.

Dragtige koeie met kalwers (3-in-1) behaal ‘n gemiddeld van R20 500 en koeie en kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R24 423, dragtige koeie het ‘n gemiddeld van R21 333 behaal, dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R18 450 verkoop en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R12 166.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Bonsmara Genepoel geluk met hul goeie herfsveiling.  Dit is vir Noordkaap Lewendehawe ‘n groot voorreg om hul veilings aan te bied.

Ons bedank elke koper asook belangstellendes wat teenwoordig was vir hul bydrae tot ‘n suksesvolle veiling,

Theuns Visser was die Afslaer.

Comments are closed.