JU-BISSCH-RU CHAROLAIS VEILING

Die 1ste Produksieveiling van Ju-Bissch-Ru Charolaisstoet van Ruan Bisschoff was ‘n groot sukses.

Die duurste bul verkoop vir R62 000-00 aan Dirk Cilliers van Stella. Die gemiddeld van die bulle was R50 625-00.

Die vroulike diere het ook baie goed gedoen en koeie en kalwers verkoop vir ‘n gemiddeld van R21 250, Dragtige koeie/verse se gemiddeld was R18 200 en oop verse verkoop teen ‘n gemiddeld van R10 000.

Noordkaap Lewendehawe, wens Ruan geluk met sy suksesvolle veiling en die top kwaliteit diere wat hy aangebied het. Theuns Visser was die afslaer.

Comments are closed.