MOLOPO ILE DE FRANCE GROEP

MOLOPO ILE DE FRANCE GROEP SE 13de PRODUKSIEVEILING ‘N GROOT SUKSES!!

Die Molopo Ile de France groepveiling wat gehou was op 08 Junie 2019 by Boereplaas Vakansie-oord Vryburg was suksesvol.

Die duurste ram, wat aan Bossie Clarke van Rondebosch behoort het, is  vir R13 000 aan Boytjie Crispin van Delareyville verkoop.

Die duurste ooi van Willie Oosthuizen van Vryburg, verkoop vir R11 000-00 aan Jannie en JL Pretorius van Kuruman.

Stoetramme verkoop vir R7 000 gemiddeld, stoetooie vir ‘n gemiddeld van R6 500 dragtige stoetooie vir R6 000 gemiddeld en ooie en lammers verkoop vir R 6 300.

Gemiddeld van die kommersiële diere was:

Kudde ramme – R  6 000

Ooie – R  3 000

Dragtige ooie – R  3 300

Dragtige ooie + lammers – R  3 300

Ooie met lammers – R  4 300

Goeie pryse word op die veiling behaal wat aandui dat goeie kwaliteit diere aangebied was.  Molopo Ile de France-groep en hul gasverkopers kan met reg trots wees op die goeie aanbod.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Molopo Ile de France-groep hartlik geluk met hul suksesvolle veiling.   Theuns Visser was die Afslaer.

Comments are closed.