MOLOPO ILE DE FRANCE GROEP

Die Molopo Ile de France Groepveiling wat gehou was op 06 Junie 2020 by Boereplaas vakansie-oord Vryburg was  ‘n reuse sukses.

Die duurste ram, LOT 16, ROS19-7, wat aan Willie Oosthuizen (Rossville Stoetery), van Vryburg behoort het, is  vir R49 000 aan Henning van Tonder van Reitz verkoop. 

Die 2de duurste ram, Lot 7, ROS18-86 ook van Willie, verkoop vir R34 000, aan Myle van Deventer van Baynesfield, Richmond.

Die duurste ooi, Lot 45, LC18-94 van Corné Dry (Corlee Ile de France stoet), Schweizer-Reneke, verkoop vir R26 000 aan JL Pretorius van JL’S Ile de France stoet, Kuruman. 

29 stoetramme verkoop vir R13 793 gemiddeld.  Stoetooie  verkoop vir ‘n gemiddeld van R3 847, dragtige ooie vir R6 802 en ooie en lammers ‘n gemiddeld van R6 340.

Gemiddeld van die kommersiële diere was:

Kudde ramme – R 9 857

Ooie – R  2 443

Dragtige ooie – R  2 750

Ooie met lammers – R  2 757

Die pryse wat op die veiling behaal is weerspiëel die top kwaliteit diere wat aangebied was en die telers en gasverkopers kan met reg trots wees op hul aanbod.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Molopo Ile de France Groep hartlik geluk met hul suksesvolle veiling.   Theuns Visser was die Afslaer.

Comments are closed.