MOLOPO ILE DE FRANCE GROEP

MOLOPO ILE DE FRANCE GROEP SE 12de PRODUKSIEVEILING  BEHAAL GOEIE PRYSE!!

Die Molopo Ile de France groepveiling wat gehou was op 02 Junie 2018 by Boereplaas Vakansie-oord Vryburg was uiters suksesvol.

Die duurste ram, wat aan Willie Oosthuizen (Rossville Stoetery), van Vryburg behoort het, is  vir R23 000 aan Booitjie Crispin van Delareyville verkoop.

Die duurste ooi is ook aan Booitjie Crispin vir R10 000 verkoop, en het behoort aan  Corlee Dry van Schweizer-Reneke.

Stoetramme verkoop vir R10 150 gemiddeld, stoetooie vir ‘n gemiddeld van R3 750 dragtige stoetooie vir R5 014 gemiddeld en ooie en lammers verkoop vir R 6 500.

Gemiddeld van die kommersiële diere was:

Kudde ramme                            –        R  5 400

Ooie                                           –        R  3 150

Dragtige ooie                             –        R  3 125

Dragtige ooie + lammers           –        R  3 500

Ooie met lammers                     –        R  2 500

Goeie pryse word op die veiling behaal wat aandui dat goeie kwaliteit diere aangebied was.  Molopo Ile de France-groep en hul gasverkopers kan met reg trots wees op die goeie aanbod.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die Molopo Ile de France-groep hartlik geluk met hul suksesvolle veiling.   Theuns Visser was die Afslaer.

Comments are closed.