NOORDKAAP BRAHMANKLUBVEILING

NOORDKAAP BRAHMANKLUB SE 20STE VEILING ‘N REUSE SUKSES!

Die 20ste Noordkaap Brahmanklubveiling gehou op 20 September 2017 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg, het top bulle en vroulike diere opgelewer en was ‘n reuse sukses!

Die duurste bul, NFN1441 – Lot 10,  uit Marlanlo Stoetery van Nakkie Holtzhausen van Hartswater is vir R 80 000-00 aan Rudi Lemcke van Ghanzi Botswana verkoop.

Links na regs:  Nakkie Holtzhausen – Verkoper van duurste bul, Salome Scholtz – koper van duurste koei & Frans Holtzhausen (mede-eienaar van duurste bul)

Die tweede duurste bul, LS1443 – lot 5, van Jan Lambrecht is vir R75 000-00 aan Kobus Oosthuizen (JJO Bdy) van Vryburg verkoop.

Die gemiddeld oor die 23 bulle wat verkoop is was R 48 478-26.

Die duurste dragtige stoetkoei, YL0932 – Lot 13B, uit Boshoek Brahmanstoet van Sakkie Haasbroek, Vryburg is vir R20 000-00 verkoop aan EMS Boerdery (Salome Scholtz) van Stella.

Kommersiële vroulike diere behaal goeie pryse.

‘n Gemiddeld van R18 500 is vir koeie en kalwers behaal,  oop verse  behaal ‘n gemiddeld  van R12 214-29. Die duurste pakkie oop verse van Sakkie Haasbroek behaal ‘n ongelooflike prys van R16 500 elk.

Dit is vir Noordkaap Lewendehawe Vryburg aangenaam om die Noordkaap Brahmanklub hartlik geluk te wens met hul baie goeie veiling.

Theuns Visser was die afslaer.

Comments are closed.