18de NOORDKAAP BRAHMANKLUBVEILING BEHAAL PUIK PRYSE
Die 18de Noordkaap Brahmanklubveiling gehou op 23 September 2015 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg, het puik pryse behaal en suksesvol afgeloop.
Die duurste bul Lot 30, van Burnie Staal van Kroonstad, is vir R 52 000-00 aan JH (Harry) Burger van Schweizer-Reneke verkoop.
Die gemiddeld oor 21 stoetbulle wat verkoop is was R29 700-00.
Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse.
‘n Gemiddeld van R12 000-00 is vir koeie en kalwers behaal, dragtige koeie verkoop vir ’n gemiddeld van R 9 750-00 en dragtige verse vir R10 500-00, oop verse behaal ‘n gemiddeld van R 7 900-00.
Pryse op hierdie veiling weerspieël die topgehalte bulle asook vroulike diere wat aangebied was.
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Noordkaap Brahmanklub geluk met hul goeie veiling.
Theuns Visser was die afslaer.