POGGENPOEL BONSMARA

POGGENPOEL MOLOPO BONSMARA STOET SE 15DE PRODUKSIEVEILING BEHAAL TOP PRYSE!

Die Poggenpoel Molopo Bonsmara Stoet se 15de Produksieveiling wat aangebied was op 26 Mei 2020 by die Stella veilingslokaal, was ’n reuse sukses.

Pryse op die veiling behaal, weerspieël die uitstekende kwaliteit diere wat aangebied was. 

Kobus Poggenpoel en sy seuns  kan met reg trots wees op hul prestasie.

Die duurste bul, Lot 34 – BBM17-203, is vir R620 000 aan Schalk v/d Merwe, (Leeuwheuvel Bdy) van Christiana, verkoop. 

68 bulle verkoop teen ‘n gemiddeld van R 99 808 per bul.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse en die gemiddelde was soos volg:

Koeie en kalwers – R 24 338

Dragtige koeie + kalwers – R27 628

Die veiling is deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg aangebied in samewerking met Swiftvee.  Johan van der Nest was die afslaer.  

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Kobus Poggenpoel en sy gesin hartlik geluk met die goeie veiling.  

Comments are closed.