POGGENPOEL MOLOPO BONSMARA

POGGENPOEL MOLOPO BONSMARA STOET SE 13DE PRODUKSIEVEILING ’n REUSE SUKSES!

Die Poggenpoel Molopo Bonsmara Stoet se 13de Produksieveiling wat aangebied was op 29 Mei 2018 by die Stella veilingslokaal, was ’n reuse sukses.

Pryse op die veiling behaal, weerspieël die uitstekende kwaliteit diere wat aangebied was.

Kobus Poggenpoel en sy seuns se liefde en passie vir die ras is duidelik sigbaar.  Hulle kan met reg trots wees op hul prestasie.

Die duurste bul, Lot 18 – BBM 15 0057, is vir R210 000 aan Fourie Scheepers van Fouriesburg en Nic Serfontein van Edenville verkoop.

Daar was 9 bulle vir tussen R100 000-00 en R200 000 verkoop.

53 bulle verkoop teen ‘n gemiddeld van  R 76 415 per bul.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse en die gemiddelde was soos volg:

Koeie en kalwers – R 27 000

Dragtige koeie en kalwers (3-in-1) – R 30 500

Dragtige koeie – R 20 000

Dragtige verse – R 17 917

Oop verse – R 11 560

Die veiling is deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg aangebied  met Johan van der Nest as afslaer.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Kobus Poggenpoel en sy gesin hartlik geluk met hul puik veiling.

Comments are closed.