POGGENPOEL MOLOPO BONSMARA

POGGENPOEL MOLOPO BONSMARA STOET SE 12DE PRODUKSIEVEILING BEHAAL TOP PRYSE!

Die Poggenpoel Molopo Bonsmara Stoet se 12de Produksieveiling wat aangebied was op 30 Mei 2017 by die Stella veilingslokaal, was weereens ’n reuse sukses.

Pryse op die veiling behaal, weerspieël die uitstekende kwaliteit diere wat aangebied was.

Kobus Poggenpoel en sy seuns  kan met reg trots wees op hul prestasie.

Die duurste bul, Lot 6 – BBM 14034, is vir R320 000 aan Thinus Maritz van Vaalwater verkoop.

Daar was 11 bulle vir tussen R100 000-00 en R190 000 verkoop.

45 bulle verkoop teen ‘n gemiddeld van  R 72 000 per bul.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse en die gemiddelde was soos volg:

Koeie en kalwers – R19 375

Dragtige koeie – R15 500

Dragtige verse – R 13 000

Oop verse – R8 500

Die veiling is deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg aangebied  met Johan van der Nest as afslaer.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Kobus Poggenpoel en sy gesin hartlik geluk met die goeie veiling.

Comments are closed.