PRODUKSIEVEILING VAN TOWTON BONSMARAS

18de PRODUKSIEVEILING VAN TOWTON BONSMARAS ‘N SUKSES

Towton Bonsmaras van Philip Williams, se 18de Produksieveiling, wat plaasgevind het op 17 April 2020 te Kuruman veilingskrale, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe was ‘n sukses.

Die duurste bul, lot 4 – CSW17-32, verkoop vir R60 000 aan Willie Uys van Postmasburg.

Die gemiddeld van die  bulle  verkoop was R 38 687-50.

Gemiddelde oor die vroulike dier is as volg:

Dragtige koeie en kalwers (3-in-1) behaal ‘n gemiddeld van R 20 861, koeie & kalwers R14 600 gemiddeld, dragtige koeie verkoop vir R14 968, gemiddeld behaal vir dragtige verse was R 15 319 en oop verse verkoop teen ‘n gemiddeld van

R 9 813. 

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Philip Williams (Towton Bonsmaras) en die gasverkopers geluk met die suksesvolle veiling, asook die top gehalte diere wat aangebied was.  Chris Hendriks was die Afslaer.

Comments are closed.