PROVELD

PROVELD BONSMARA PRODUKSIEVEILING ‘N REUSE SUKSES!!

Proveld Bonsmara se Junie-Produksieveiling aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg op 14 Junie 2017, by die Vryburg skougronde was ‘n groot sukses.

Die duurste bul, lot 2, uit Freddie Scheepers van Tosca se stoet, is vir R70 000 aan Johan Dormehl van Vryburg verkoop.

Bulle het ‘n gemiddeld van R 41 700 behaal.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse.

Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R21 000, dragtige verse het ‘n gemiddeld van R16 715 behaal en oop verse verkoop vir R 8 500 gemiddeld.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Proveld Bonsmara geluk met hul goeie veiling, asook die top gehalte diere wat aangebied was.  Theuns Visser was die Afslaer.

 

Comments are closed.