PROVELD BONSMARA

UITSLAE VAN PROVELD BONSMARA SE JUNIE-PRODUKSIEVEILING

Proveld Bonsmara se Junie-Produksieveiling aangebied deur Noordkaap
Lewendehawe Vryburg op 13 Junie 2018, by die Vryburg skougronde was ‘n groot sukses.

Die duurste bul, lot 1, uit die kudde van Hannes van den Berg van Kalkveld
Bonsmaras, Reivilo, verkoop vir R85 000-00 aan Xolile Mazabane van Klerksdorp.


Bulle verkoop op veiling, behaal ‘n gemiddeld van R 46 416.
Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse, en gemiddelde pryse is soos
volg:
Koeie en kalwers – R22 416
Dragtige verse – R20 875
Oop verse – R 8 750

Noordkaap Lewendehawe, Vryburg wens Proveld Bonsmara lede en gasverkopers
geluk met hul veiling, asook die goeie gehalte diere wat aangebied was. Theuns
Visser was die Afslaer.

Comments are closed.