PROVELD BONSMARA FEBRUARIE 2018

FEBRUARIE 2018 SE PRODUKSIEVEILING VAN PROVELD BONSMARA ‘N REUSE  SUKSES!

Proveld Bonsmara Produksieveiling aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg op 14 Februarie  2018, by die Vryburg skougronde was ‘n reuse sukses.

Die duurste bul, FSB 15-63 – lot 14, van Freddy Scheepers van Tosca, is vir R95 000 aan Wessel van Wyk (Bogermie Bdy) van Vryburg verkoop.

Die gemiddeld oor die 26 bulle wat verkoop is, was R 53 823.

Kommersiële vroulike diere behaal ook top pryse!

Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R25 125, dragtige verse het ‘n gemiddeld van R20 208 behaal, en oop verse is teen ‘n gemiddeld van R10 812 verkoop.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Proveld Bonsmara geluk met hul uitstekende veiling, asook die top gehalte diere wat aangebied was.  Theuns Visser was die afslaer.

 

Comments are closed.