PROVELD BONSMARA OKTOBER

PROVELD BONSMARA PRODUKSIEVEILING ‘N REUSE  SUKSES!

Proveld Bonsmara Produksieveiling aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg op 17 Oktober 2018, by die Vryburg skougronde was ‘n reuse sukses.

Die duurste bul, Lot 5, V160117, van Hannes van den Berg (Kalkveld Bonsmaras), is vir R 110 000 aan Carel Gutter (Palmietfontein Bonsmaras) en Quinton Ferreira (Aardfontein Bonsmaras) van Brandfort verkoop.

Die gemiddeld van die bulle verkoop, was R 52 351.

Kommersiële vroulike diere behaal ook top pryse!

Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 22 154-76, Koeie en kalwers (3-in 1) se gemiddeld was R26 850, dragtige koeie verkoop vir R17 550 gemiddeld, dragtige verse vir R17 000 gemiddeld en oopverse gehaal ‘n gemiddeld van R10 625.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Proveld Bonsmara geluk met hul uitstekende veiling, asook die top gehalte diere wat aangebied was.  Theuns Visser was die afslaer.

Comments are closed.