PROVELD BONSMARA OKTOBER

OKTOBER PRODUKSIEVEILING VAN PROVELD BONSMARA ‘N REUSE  SUKSES!

Proveld Bonsmara se Oktober produksieveiling aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg op 18 Oktober 2017, by die Vryburg skougronde, was ‘n reuse  sukses.

Die telers van Proveld Bonsmara is ‘n groep toegewyde en entoesiastiese telers wat vol vertroue is in hul veldgetoetste bulle. Proveld kan met reg trots wees op hul suksesvolle veiling!

Die duurste bul, Lot 1 – V12 268, uit die stoet van Hannes van den Berg van Kalkveld Boerdery, Reivilo, is gesamentlik gekoop vir R200 000 deur Chris Visser van Skatkis Bonsmara, Vryburg en Jaco du Preez van HP Bonsmaras, Slurry.

Die gemiddeld oor die 44 bulle wat verkoop is, was R 48 113.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse.

Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R23 333, met die duurste koeie en kalwers wat vir R25 000/stuk verkoop. Dragtige koeie het ‘n gemiddeld van R15 000 behaal, dragtige verse ‘n gemiddeld van R16 600 en oop verse is verkoop teen ‘n gemiddeld van R 9 750.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Proveld Bonsmara geluk met hul veiling, asook die top gehalte diere wat aangebied was.  Theuns Visser was die Afslaer.

 

Comments are closed.