PRODUKSIEVEILING VAN PROVELD BONSMARAS
Proveld Bonsmaras het op 8 Februarie 2023 weer ‘n produksieveiling aangebied te
Vryburg Skougronde.
Die duurste bul, lot 4 – ALF 20-125 van Bloubuffel Landgoed is verkoop vir R60 000
aan F Collen en Seuns (Edms) Bpk van Vryburg.
Die gemiddeld van die bulle verkoop was R 44 947.
Gemiddelde oor die vroulike diere is as volg:
Koeie & kalwers R24 389 gemiddeld, dragtige koeie verkoop vir R19 437, gemiddeld
behaal vir dragtige verse was R20 055 en oop verse verkoop teen ‘n gemiddeld van
R11 750.
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Proveld Bonsmaras en die gasverkopers
geluk met die veiling, asook die top gehalte diere wat aangebied was. Theuns
Visser was die Afslaer.
