Proveld Bonsmara se Junie-Produksieveiling aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg op 12 Junie 2019, by die Vryburg skougronde was ‘n groot sukses.
Die duurste bul, lot 1, uit die kudde van Hannes van den Berg van Kalkveld Bonsmaras, Reivilo, verkoop vir R120 000-00 gesamentlik aan Frans Seevinck van Vryburg en Pieter de Bruin van Stella.

Bulle verkoop op veiling, behaal ‘n gemiddeld van R 58 750
Stoet vroulike diere behaal ook baie goeie gemiddelde pryse:
Koeie en kalwers – R 23 300
Dragtige koeie en kalwers – R 26 500
Dragtige koeie – R 22 200
Dragtige verse – R 18 750
Oop verse – R 13 200
Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse, en gemiddelde pryse is soos volg:
Koeie en kalwers – R 19 000
Dragtige koeie – R 21 000
Dragtige verse – R 16 500
Oop verse – R 10 750
Noordkaap Lewendehawe, Vryburg wens Proveld Bonsmara lede en gasverkopers geluk met hul veiling, asook die goeie gehalte diere wat aangebied was. Theuns Visser was die Afslaer.