SA’S TEXAS BEEF BULL SALE,

SA’S TEXAS BEEF BULL SALE, ‘N GROOT SUKSES!

Die “SA’s Texas Beef bull sale” wat gehou was op Donderdag, 7 Mei 2020 by
Vryburg Skougronde was ten spyte van moeilike tye ‘n sukses.


Die duurste bulle, uit die stoetery van Danie Erasmus (Vera Simmentalers) van Delareyville verkoop vir R62 000 elk aan onderskeidelik, Oubaas Nieman (Niemann Boerdery), Lot 13 – CCE1776, en Kobus Oosthuizen (JJO Boerdery), Lot 18 – CCE1791, albei kopers is van Vryburg.


Die duurste Charolaisbul, Lot 3 – DP17010, van Dewald van der Merwe (Biesiesvlei Charolais Stoet) verkoop vir R 55 000 aan Mooiveld Trust van Schweizer-Reneke.


Die duurste Brahmanbul, Lot 8 – BBS17730, van Sakkie en Danie Haasbroek (Boshoek Brahman Stoet) verkoop vir R50 000 aan Francois Geldenhuys van Stella.


Die gemiddeld van die bulle op die veiling was as volg:
Brahmane – R 38 333
Charolais – R 45 000
Simmentalers – R 51 583


Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens die SA’s Texas beef bull groep hartlik geluk met die uitstekende kwaliteit diere aangebied en hul suksesvolle veiling. Theuns Visser was die afslaer.

Comments are closed.