SKOUVEILING BEESTE UITSLAE

Die Vryburg skouveiling was gehou op Vrydag 27 Maart 2015.

Die grootvee-veiling het om 12:00 afgeskop en  het soos altyd groot belangstelling gelok.

Die Braunvieh het hul Nasionale Kampioenskappe op Vryburg aangebied.

Die duurste Braunviehbul van die SP Els Familie Trust is vir R48 000 verkoop aan  Sampie Rossouw Boerdery, Olifantshoek.

Die duurste bul op die veiling  was ‘n Simmentaler bul van Peter Abrahamse van Three Rivers en is aan Johan Styger van Boekenhout Trust, Klerksdorp verkoop vir R55 000-00.

Die duurste Charolaisbul van Henk du Plessis verkoop vir R42 000 aan Sakkie van Niekerk van Vryburg.

Die gemiddeld van die bulle en vroulike diere op die veiling was as volg:

7 Braunviehbulle behaal ‘n gemiddeld van R26 714-00, 6 Charolaisbulle ‘n gemiddeld van  R36 333, 5 Limousinbulle verkoop teen‘n gemiddeld van  R25 000-00, 2 Herefordbulle behaal ‘n gemiddeld van  R28 000, 1 Angusbul verkoop vir R24 000-00 en 15 Simmentalerbulle verkoop teen  ‘n gemiddeld van  R24 733.

1 dragtige Simmentalervers verkoop vir R18 000-00 en 3 Braunviehverse verkoop teen ‘n gemiddeld van R12 666-00.

Die kwaliteit van alle diere wat aangebied was van alle rasse was van uiters hoë gehalte.

Noordkaap Lewendehawe wil graag al die telers gelukwens met die uitstaande gehalte diere wat aangebied was.

Dit was vir Noordkaap Lewendehawe weereens ‘n voorreg om die veiling te kon aanbied met Theuns Visser as afslaer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *