TIGANE BONSMARA AANTEELVEILING

GOEIE PRYSE WORD BEHAAL OP DIE TIGANE BONSMARA AANTEELVEILING

 Die Tigane Bonsmara aanteelveiling gehou op 15 Februarie 2018 op plaas Goedvooruitzicht, Hartbeesfontein, was ‘n reuse sukses.

cof

Twee bulle Lot 10 & 12 behaal die duurste pryse van R42 000 elk en word onderskeidelik verkoop aan APL Lourens van Ventersdorp en Gert Wessels van Bothaville

Die vroulike diere behaal uitstekende pryse.

Gemiddelde prys op koeie en kalwers behaal is R23 473, dragtige koeie verkoop  vir R19 150 gemiddeld, dragtige verse word verkoop teen ‘n gemiddeld van R 16 812 en oop verse verkoop vir  R14 833 gemiddeld.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Hendrik Beyers en sy span geluk met die goeie kwaliteit diere wat aangebied was. Theuns Visser was die afslaer.

Comments are closed.