TIGANE BONSMARA HOU ‘N GOEIE VEILING
Die Produksieveiling van Tigane Bonsmaras, aangebied deur Noordkaap
Lewendehawe, is gehou op 9 Februarie 2023 op die plaas Goedvooruitzicht,
Hartbeesfontein, het goeie pryse opgelewer.
Pryse behaal op die veiling weerspieël die goeie kwaliteit diere wat regoor die
veiling aangebied was.
Die duurste bul, Lot 4 – HEB20 101, van H & E Beyers Trust, is vir R55 000 aan
Hansie Pieterse BK van Ottosdal verkoop.
Die gemiddeld oor die bulle wat verkoop is, was R 47 000.
Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse.
Koeie met kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 25 270, en dragtige koeie is
verkoop vir R 24 000 gemiddeld. Dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R 20
472 verkoop.
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Tigane Bonsmara geluk met hul goeie
veiling. Dit is vir Noordkaap Lewendehawe ‘n voorreg om hul veiling te kon
aanbied. Theuns Visser was die Afslaer.
