UITSLAE VAN POGGENPOEL BONSMARA

POGGENPOEL MOLOPO BONSMARA STOET SE 14DE PRODUKSIEVEILING ‘n  REUSE SUKSES ! !

Die Poggenpoel Molopo Bonsmara Stoet se 14de Produksieveiling is aangebied op 28 Mei 2019 by die Stella veilingskompleks en was ‘n groot sukses.

Goeie pryse is op die veiling behaal en weerspieël die uitstekende kwaliteit diere wat aangebied is.

Die kopers wat van regoor die land die veiling bygewoon het, het van die beste teelmateriaal bekom.

Die Poggenpoel-familie se passie en liefde vir die ras is duidelik sigbaar.  Hulle harde werk het beslis vrugte afgewerp en Kobus en Gerda Poggenpoel kan met reg trots wees op hul seuns.

Die duurste bul, Lot 10 – BBM 160058, is vir R550 000 aan Sebadja Bonsmaras,  Christoff Smit, van Witbank asook Fouché & Bertus Blignaut van Groblersdal verkoop.

Die 2de duurste bul Lot 8, BBM 130021, verkoop vir R320 000 aan Tian Kruger van Marble Hall.

Nog 9 bulle verkoop vir tussen R100 000-00 en R200 000.

Die bulle verkoop teen ‘n gemiddeld van  R 85 222 per bul.

Stoet  vroulike diere behaal ook top pryse en die duurste dragtige koei,

Lot 72, BBM 150156 verkoop ook aan Sebadja Bonsmaras vir R70 000.

Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse en die gemiddeld was soos volg:

Koeie en kalwers – R 27 428

Oop verse – R 10 866

Die veiling is deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg aangebied  met Johan van der Nest as afslaer.

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Kobus Poggenpoel en sy seuns hartlik geluk met hul puik veiling.  

Comments are closed.