UITSLAE VAN PROVELD BONSMARA SE FEBRUARIE-PRODUKSIEVEILING
Proveld Bonsmara se Februarie-Produksieveiling is op 12 Februarie 2020 aangebied deur Noordkaap Lewendehawe by die Vryburg skougronde.
Die duurste bul, lot 2, uit die kudde van Pieter de Bruin van Stella is verkoop vir R65 000-00 aan Fanie Engelbrecht, Eintracht Trust van Magogong.
Bulle verkoop op veiling, behaal ‘n gemiddeld van R 41 580.
Kommersiële vroulike diere wat as katalogusveiling aangebied was op videomateriaal, behaal goeie pryse.
Gemiddelde pryse is soos volg:
Koeie en kalwers – R 22 898
Koeie en kalwers (3-in-1) – R 21 765
Dragtige verse – R 16 000
Oop verse – R 8 500
Noordkaap Lewendehawe, Vryburg wens Proveld Bonsmara-lede en gasverkopers geluk met hul veiling, asook die goeie gehalte diere wat aangebied was. Theuns Visser was die Afslaer.