UITSLAE VAN TIGANE BONSMARA

GOEIE PRYSE WORD BEHAAL OP DIE TIGANE BONSMARA AANTEELVEILING

Die Tigane Bonsmara aanteelveiling  gehou op 13 Februarie 2020 op plaas Goedvooruitzicht, Hartbeesfontein, was ‘n reuse sukses.

Twee bulle Lot  4 & 5 behaal die duurste pryse van  R45 000 elk en word onderskeidelik verkoop aan Nico Basson van Ottosdal en Wouter Badenhorst van Coligny.

Die gemiddeld behaal op die bulle verkoop was R38 000.

Die vroulike diere behaal ook goeie pryse.

Gemiddelde prys op koeie en kalwers behaal is R20 400, koei en kalwers (3-in-1) verkoop vir R22 700, dragtige koeie verkoop  vir R16 500 gemiddeld en dragtige verse word verkoop teen ‘n gemiddeld van R 21 200. 

Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Hendrik Beyers en sy span geluk met die goeie kwaliteit diere wat aangebied was. 

Theuns Visser was die afslaer.

Comments are closed.