VRYBURG SKOU 2015 – BOKSKOU- & VEILINGSUITSLAE
Die Kalahari Boerbokklub Kampioenskappe gehou te Vryburg vanaf 25 – 27 Maart 2015 was ‘n reuse sukses. Daar was 14 vertoners wat ‘n totaal van ongeveer 230 bokke vertoon het. Die beoordelaar was Freddie Stolper en die ringbeamptes was JJ Bredenkamp en Jan-Louis Pretorius.
Die uitslae was soos volg:
Boerbokke: Kalahari Reds:
Junior Kampioen Ram
Bertie Aucamp Albie Horn
Reserwe Junior Kampioen Ram
Jacques Pretorius Albie Horn
Senior Kampioen Ram
Schoonheid Boerbokstoet Albie Horn
Reserwe Senior Kampioen Ram
Schoonheid Boerbokstoet Bosveld Boerbokstoet
Groot Kampioen Ram
Schoonheid Boerbokstoet Albie Horn
Reserwe Groot Kampioen Ram
Bertie Aucamp Albie Horn
Junior Kampioen Ooi
Al 3 Hanekom Boerbokstoet Albie Horn
Reserwe Junior Kampioen Ooi
Bertie Aucamp Albie Horn
Senior Kampioen Ooi
Al 3 Hanekom Boerbokstoet Albie Horn
Reserwe Senior Kampioen Ooi
Schoonheid Boerbokstoet Albie Horn
Groot Kampioen Ooi
Al 3 Hanekom Boerbokstoet Albie Horn
Reserwe Groot Kampioen Ooi
Schoonheid Boerbokstoet Albie Horn
VRYBURG SKOU BOKVEILING – UITSLAE
Die skouveiling is op Vrydag 27 Maart 2015 om 10:00 aangebied deur Noordkaap Lewendehawe Vryburg. Wimpie Grové was die afslaer wat die veiling hanteer het.
Die duurste boerbok-ram van Schoonheid Boerbokstoet van Schweizer-Reneke is vir R7 000-00 aan Victor Kruger van Mareetsane verkoop. Die gemiddelde prys van die ramme was R 6 500-00.
Die duurste boerbok-ooi ook van Schoonheid Boerbokstoet is vir R 6 500-00 aan JLP Roos van Vrede verkoop. Die gemiddelde prys van die ooie was R 3 417-00.
Boerbokke
Groot Kampioen Ram is Schoonheid Boerbokstoet van Schweizer Reneke. Reserwe Groot Kampioen Ram is Bertie Aucamp van Vryburg.
Kalahari Red
Groot Kampioen Ooi is Albie Horn van Kuruman.