SIMMENTALERS DOEN GOED OP DIE VRYBURG VEESKOUVEILING:
Simmentalers het goed gedoen op die Vryburg skouveiling. Die duurste bul, Lot 21 van P A Abrahamse van Drie Riviere is vir R62 000 aan Hennie Booysen van Kuruman verkoop. Die gemiddeld van die Simmentaler bulle was R48 625. Die afslaer was Theuns Visser.