5 Industria St, Vryburg, 8600

053 927 5633  |  nklh@wam.co.za

Oor ons

Noordkaap Lewendehawe Vryburg het ontstaan in die veertiger jare as ‘n Landbou Koöperasie met takke op Vryburg, Kimberley en Kuruman.

Die takke is in 2000 aan aparte kopers verkoop.  In 2000 is Noordkaap Lewendehawe weer as koöperasie gestig.  Noordkaap Lewendehawe Vryburg  het telselmatig gegroei en is die takke op Kimberley en Kuruman terug gekoop.  Kroonstad is addisioneel gekoop.

Gedurende 2022 is die Vryburg uit die naam verwyder omdat ons ook besigheid doen in Kuruman, Kimberley en Kroonstad.  Noordkaap Lewendehawe is ‘n Koöperasie  met hoofkantoor geleë in Vryburg en gekose direksie wat  uit boere bestaan.

Ons aandeelhouer getal is rondom 500 en aandele is steeds beskikbaar omdat ons ‘n koöperasie is.  Ons betaal nie dividende nie, maar ons wins word verdeel volgens ‘n distribusieskema, geskoei op die besigheid wat die aandeelhouer met Noordkaap Lewendehawe doen.

Ons hou ongeveer 480 veilings per jaar op verskeie plekke.

Ons besit veilingsfasiliteite op 9 plekke en die res word gehuur vanaf Boereverenigings waardeur fondse weer teruggeploeg word in die boerdery gemeenskap.

Noordkaap Lewendehawe is ‘n etiese besigheid wat bedryf word in voldoening aan die landswette.

Ons poging is om, die markprys bepaal deur die wisselwerking tussen vraag en aanbod op al ons veilings te verseker.

Ons hou ook stoet- en spesialeveilings asook losgoedveilings en uit-die-hand transaksies met ander woorde as fasiliteringstransaksie tussen koper en verkoper.  Ons beskik oor losstaande toerusting wat opgerig word op persele waar daar nie voldoende fasiliteite is nie.

Ons glo in gesonde kompetisie en ons het ons ontstaan te danke aan ‘n groep boere wat die oortuiging in 2000 gedeel het.

Ons het ‘n opgeleide personeelkorps met baie ervaring, en ons strewe na uitmuntendheid in alles wat ons doen en daarom is ons slagspreuk: 
Die boere se keuse.

Veilings
Bemarkers
Statistiek

Enige vrae

Kontak ons